Monday, June 22, 2009

Moholoholo Rehabilitation Centre

So 3 naweke gelede het ons die kinders Moholoholo toe gevat - dit was 'n ervaring duisend vir Cherise. Sy het die geleentheid gehad aan 'n baba renoster te vat en die bokkies te voer. Die geveerde diere het sy nou nie veel erg aangehad nie behalwe natuurlik die aasvoels want sy is ook in die hok in. Gelukkig het Jean-Marie haar vrees vir als nuut verloor - sy was darem nie een keer histeries nie!

Die sondag het ons gestop by Swadini Reptiel Park - ek kan nie onthou wat is die nuwe naam nie. Dit is baie verwaarloos maar nog steeds interessant. By die ingang is 2 mak volstruise wat als wil eet - en dis redelik seer as hulle mielies uit jou hand uit eet. Ons het ook die 4 mak apies peanuts gevoer en die eienaar moes 'n baie mooi papegaai die heeltyd van ons probeer weghou want hy wou saam eet.

Maduma Boma sal ons definitief weer sien(ek kan nie glo ek het nie eers een foto geneem van ons bly plek nie) maar die keer in die somer sodat die kinders in die swembad kan baljaar. Dit was heerlik rustig in die veld mens het nie eers geweet daar is ander mense op die plaas nie.

Die groot 5







Die groot dag is uiteindelik verby. Dankie tog!!!






Die tema was "My little Pony", ek en my vriendin het die koek beplan en gemaak en al die eetgoedjies wat daarmee saam gaan. Ons het ook vir haar 'n springkasteel vir die naweek gehuur by Jump - en het die kinders dit nou geniet. Cherise het omtrent die sondag omgespring of vertikaal verkeer op die springkasteel. Jean-Marie, ja wel as ousus haar net kan verdra en saam met haar speel sal my lewe soveel makliker wees.

Wil van haar eie!

Jean-Marie begin nou regtig 'n klein mensie op haar eie word wat haar wil op almal wil afdwing en haar sin wil kry. Tantrums is aan die orde van die dag - eintlik heel aanskoulik as sy die muur probeer om stoot omdat sy nie haar sin kry nie.

Sy probeer ook als agter ousus aandoen, wat my party dae laat aapstuipe kry. Soos gister by Pebbles spring ousus van die klim en klouter af - dis omtrent 1m van die grond af - en wraggies probeer Jean-Marie dit ook. Nie 'n bang haar op daai koppie van haar nie.