Sunday, September 6, 2009

Oorbelle

Jean-Marie het vandag vir haar oorbelle gegaan. Sy lyk te pragtig.

Gelukkig skiet hulle gelyk in en voor sy kon besef wat aangaan was als al verby.

Friday, September 4, 2009

Feetjie en Kabouter Dag Osie Teddies



Vandag is feetjie en kabouter dag by Osie Teddies. Cherise was vreeslik opgewonde om haar feetjie klere aan te trek.

Wednesday, September 2, 2009

Kuier op die plaas

Ek en die 2 kleintjies was die naweek bietjie by ouma en oupa op die plaas. My kinders love om daar te gaan kuier. Ouma en oupa bederf bietjie te veel ... dink ek.



Hoe groter my 2 raak hoe ouer word my ouers - hartseer om te dink. Cherise wil net die heeltyd berg toe en Jean-Marie geniet dit om tussen die blomme in die tuin te speel. Met haar geskiedenis is ek net so bang sy kom op 'n slang af.



Oppad soontoe was JM so bietjie moeilik maar daar is niks wat 'n bietjie harde musiek kan doodmaak nie.

Hart stop oomblikke!


Ek het na die gebeure van verlede woensdag aand het ek tot die gevolgtrekking gekom my man mag nie weg gaan vir werk nie - dit is wanneer die erge dinge met die kinders gebeur.


Die kinders slaap soos gewoonlik 7h30... of eerder ek sit hulle in die bed en dan raak hulle eers so net na 8 aan die slaap. Met baie moeite en raas.


Jean-Marie het soos gewoonlik uit die bed geklim en ek het soos gewoonlik met haar geraas en terug gesit in die bed. Die volgende oomblik vang my oog iets wat by die trappe afkom. Eers het ek gedink Jean-Marie gooi weer haar "baba" by die trappe af. My hart het letterlik gaan staan toe ek besef dit is sy en nie die pop nie.


Ek ys om te dink wat kon met haar gebeur het. Ek sal myself nooit kon vergewe het as sy moes seergekry het nie. ER24 was gou by my huis en het seker gemaak dat sy reageer en geen bene gebreek het nie.


Jean-Marie is net ongelooflik klouerig van laas week af maar dit is seker te verstane oja en die eetlus is weg.


Gister het ek haar gou dr toe gevat omdat sy so huilerig is en dr het dit goed gedink om net dubbel seker te maak niks het in haar nek of kop seergekry nie en ons is toe vir 'n CT scan.


Wat 'n nagmerrie! Daar is geen manier om 'n 20 maande oue baba te laat besef dit maak nie seer nie so op die uiteinde het dit 2 mense gevat om haar te probeer stil hou. Die CT scan vir die nek kon ons nie gedoen kry nie so x-strale was die laaste uitweg. Dit was eintlik vir my baie erger want mens moes haar in verskillende posisies vashou.


'n Ongeluk gebeur so maklik en so gou, wens net mens kon hulle in watte toedraai en beskerm teen al die seerkry in die lewe.


Jean-Marie jou beskermengel moet baie spesiaal en wakker wees om jou te beskerm!

Wat ek wil word as ek eendag groot is!







Wel Cherise het die koerant gehaal... alweer!






Vrydag het sy soos 'n "nood dokter" aangetrek, nou nie dat sy eintlik weet wat sy wil word as sy eendag groot is nie, maar nouja dis hoekom 'n mens 'n ma het. Cherise se juffrou Janca was gaande oor haar uitrusting.






Janca is fantasties met die kleintjies, die ou gesiggie as juffrou hulle prys oor iets is prysloos.