Friday, November 20, 2009

Zani's Gymnastics




Vanmiddag het ons weer die gymnastiek se medalje plegtigheid. My ou dogterjie geniet die gymnastiek ongelooflik baie. Ouma Sarie gaan ook saam aangesien sy die een is wat haar elke dinsdag gymnastiek toe gery het en gekyk het wat die kleintjies leer.

Dolfin Kids Swemskool


Cherise het gister haar swem medaljeplegtiheid gehad. Sy is tog so trots op daai medalje. Verlede jaar het sy 'n witte gekry - net begin swem. 12 maande later en sy is al op die bloue - dit beteken sy kan al 5 meter in die swembad in swem op haar eie - vryslag.

Ek is so trots op my dogter.

Skateboards




Kinders hou van nuwe speelgoed!

Dit is al waarmee die 2 van my speel as die weer dit toelaat. Ek kan nie glo die kleintjie geniet die skaatsplank soveel ni.

Daar is niks so lekker as om van bo by die garage af te ry tot by die hek.

Burke's Luck

Die Potholes is seker 1 van die ongelooflikste natuurwonders vir my. Die kinders het dit baie geniet om oor die bruggies te loop en ek en Steven moes net aan Jean-Marie klou of sy wil binne in die water.

Paul kruger Hek


Met die naweek weg Sabie Park toe het ons sommer gou 'n draai gaan maak by die hek. Die eerste ding wat cherise raaksien is die klip standbeeld van oom Paul Kruger maar sy het onmiddelik gesĂȘ: Kyk mamma dit is God!

God's Window







Oppad terug huis toe sondag het ons die scenic ding gedoen en by al die mooi plekke in Mpumalanga gestop. Dit is regtig 'n baie baie mooi uitsig van daarbo.

Sabie Park




Wat 'n heerlike naweek weg was dit nie gewees nie. Ons het skemer tyd by die huis aangekom - gelukkig het Steven die goed uitgelaai en ek en die kinders het in die huis gebly want hyena se kind het besoek kom aflĂȘ en probeer help uitlaai. Ongelukkig het ons hotdog rolletjies in die slag gebly. Om 'n hyena van so naby te sien is nogal vreesaanjaend!

Die diere op die private wild plaas is ongelooflik mak so mens kan tot baie naby aan hulle ry. Jean-Marie was natuurlik so opgewonde om die diere te sien aangesien dit haar eerste uitstappie na 'n reservaat is. Cherise aan die anderkant wou net swem.

Die kinders het dit vreeslik geniet! Dit is een plek wat ek definitief weer sal sien.