Sunday, October 31, 2010

Meisiekinders

Dit is ongelooflik hoeveel my twee baklei. Op die stadium dryf hulle my teen die mure uit. Die een mag nie eers vir die ander kyk nie of dit ontaard in 'n bakleiery.

Dit is net soveel erger as Pa nie hier is nie.....

Gelukkig vergeet hulle gou van hul onderonsies en is hul weer beste maatjies.

Saturday, October 30, 2010

Sterkloop Adventure Farm



Sjoe wat 'n dag....




Toys R Us het in ons ou dorpie oop gemaak en Cherise het 'n boekie gekry. Gisteraand moes ek vir 3 ure luister en kyk wat sy wil koop en hê. (Ek dink dis amper als in dai boekie en dalk in die winkel).




Vanoggend het ek hulle Toys R Us toe gevat - elk met R100 - en ja... Ons is daar uit met baie meer as wat ek voor begroot het, seker maar my skuld ook. Als is net so mooi en goedkoop... seker maar klein dorpie sindroom. LOL




Hier oor middagete is ons toe Sterkloop Adventure Farm toe. Sjoe wat 'n ripoff. Jy betaal R30 per kind en dan as jy iets anders wil doen as klim en klouter kos dit jou R10 vir 5min. Maar die kinders het dit geniet ek dink net dit is te veel keuses vir hulle, hulle kon nie eintlik besluit waarop om te klim en wat om te ry nie.




Nou weet ek definitief my twee kinders het nie hoogtevrees nie, of my hart dit gaan hou is 'n ander storie.




Sunday, August 15, 2010

Cherise 6 jaar




Cherise se 6de verjaardag partytjie was darem 'n groot sukses. Mens spandeer so baie tyd om al die kos en goedjies te maak en op die einde hoop mens die kleintjies hou daarvan. Die tema was hekse en niks wat ek gedoen of voorgestel het wouhaar van plan verander nie.

Operasie




Die einde van maart het ek 'n skouer dekompressie en karpale tonnel "release" gehad. Dit was die seerste seer wat ek nog gehad het. Vandag is my skouer nog steeds nie reg nie, ek wonder party dae of dit die moeitewerd was om deur al daai pyn te gaan. Die kinders het my wonderlik behandel en gehelp waar hul kan. Dit was net baie frusterend om niks vir jouself te kan doen nie.

Ouma Sarie se 60ste




Ouma Sarie is vandag tuis - 1 dag na haar verjaardag en die kinders kon nie wag om die geskenk vir ouma te gee nie en ook om 'n stukkie koek te kry nie. My kinders is darem gelukkig om albie stelle oumas en oupas te he.

Inenting

Ek kan nie glo my kinders is al so groot nie. Dinsdag het ek gou die 2 gevat vir hul inentings en die hele pad dr toe het hul baklei wie gaan eerste hul inspuiting kry. Op die einde het net Cherise hare gekry want hulle het nie voorraad gehad vir Jean-Marie nie. Dit was so komies.. altwee so bang vir 'n inspuiting!!

Thursday, April 15, 2010

San Troue







Wel San is uiteindelik getroud - in Mozambique. Pragtige gemaklike troue op die strand. Soos ouder gewoonte het my kinders hul wangedra. Cherise wil net die heeltyd by Tannie San wees en Jean-Marie gooi sand die lug op wat natuurlik op die vingerhappies beland.

Operasies en kinder

Die afgelope vakansie het ek 'n skouer en pols operasie gehad wat my natuurlik hulpeloos agter gelaat het. Ek kon vir 2 weke niks vir myself doen nie - als was seer. Steven was wonderlik gedurende die moeilike tyd - hy het ons kos gegee, my versorg, die kinders versorg. Hy was pa, ma en verpleeer.

Die 2 kids was net heeltyd aanmekaar oor die geringste dingetjie. Altwee het my sover moontlik gehelp - hulle het party dae meer geduld met my as pa. Jean-Marie wou net heeltyd mamma se eina beter soen.

Tuesday, March 2, 2010

Sê goed - Cherise

Gisteroggend noem Steven dat die kinders nie saam kan gaan Mozambique toe as hulle siek is nie waarop ek natuurlik antwoord dat hy nie moet worry nie die kinders kry vitamine dat dit by hul ore uitloop.

Cherise het so klein rukkie stil gebly en geantwoord dat daar niks uit haar ore uitloop nie en is dit dan deurskynend dat sy dit nie kan sien loop nie.

Nodeloos om te sê ek moes mooi verduidelik!!

Sjokolade gala Gr R







Verlede donderdag het Oosskool 'n sjokolade swem gala gehad. Die kiddies moes met 'n pool noodle perdry en roei - my kind het natuurlik nie geweet wat om met haar nuwe noodle te doen nie. Maar sy het dit baie geniet en darem nie laaste gekom nie, 4 de en 6de.

Friday, February 19, 2010

Oos Skool - Dress Up


Vandag moes al die oos skool gr R maatjies soos mamma of pappa aantrek. My dogtertjie het te pragtig gelyk. Ek wens net ek kon al die ander maatjies ook sien!

Sunday, February 7, 2010

Maatjies

Weereens het ek besef dit is baie belangrik vir kinders om maatjies te hê. Jean-Marie wat so alleen by die dagmoeder groot word het 'n maatjie nodig ek kan dit sien in die manier wat sy met ander kinders speel.

Gelukkig het Ouma Alice se kinders van Tanzanie kom kuier vir 6 maande so sy het darem vir die volgende 6 maande 'n maatjie om mee te speel

Thursday, January 28, 2010

Graad R

My klein dogtertjie is in graad R - ek kan dit nie glo nie!!!


Sy gee my grys hare met daardie "wil van haar eie". Cherise swem nou al vir die 2de jaar by Dolfin Kids en dit gaan baie goed. In November verlede jaar het sy besluit sy wil Zani's doen - wel nou wil sy ook moderne danse doen. Die keuse is hare wat sy gaan los maar ek gaan nie dat sy elke dag van die week iets anders doen nie - die koste daaraan verbonde is ongelooflik.

'n Mens wil net die beste geleenthede vir jou kind gee maar soms moet mens ook dink dat hulle nog steeds kind is en nie te veel op hulle laai nie.

Tuesday, January 19, 2010

Jean-Marie 2














































Uitendelik is my kleintjie 2. Wat 'n fees!!

Die kinders het hulle gate uit geniet op die waterwurm - die springkasteel het nie aftrek gekry nie - veral omdat pa saam gespeel het.

Die somer is definitief 'n lekker tyd om in te verjaar!

Jean-Marie se tema was barnyard/plaas/koeie. Ek het vir elke kind 'n cowboy koeivel hoed gekry (hul het te oulik gelyk) en uit 2lt coke bottels ook 'n koei gesiggie met die lekkers binne in. Weereens het ek hopeloos te veel lekkergoed gehad, mens is mos maar altyd bang daar isnie genoeg nie dan oordoen jy dit. Vir die verjaardsdag koek het ek cupcakes laat maak met plaasdiere op - dit het regtig baie mooi gelyk. Ek gaan net in die jaar vir my 'n cupcake stand kry want elke jaar moet ek 'n plan maak met die cupcakes op die tafel.

Steven was heerlik styf sondag! LOL!!


















Monday, January 4, 2010

Leer praat

Party dae vlam die humeure maar hoog in ons huis veral as ek nie kan verstaan wat klein Jean-Marie sê nie. Die meeste van haar woorde begin met 'n "t" dit maak dit nogal baie moeilik om te verstaan, maar ek leer!

bottel = tottel
kussing = tussing
slaap = tlaap
koeldrank = juice

Tande wissel

My ou dogterjie word sommer vinnig groot - word sommer bewoë.

Op die laaste dag van 2009 het sy haar 1e tand uit - en die tande muis het vir haar R50 in haar skoen gelos. BTW dit was die eerste ding wat sy gekyk het die volgende oggend.

Die 2de tand was so los dit het skoon skuins in haar mondjie gesit - pa en net gou gevoel en siedaar daar is die 2de tand.

Kan nie dink hoe pragtig klein en wit is die tandjies nie. Dit is darem wonderlik dat kinders in die tandemuis glo!

Kersdag

Die kinders was so opgewonde kersoggend oor al die geskenke wat hul kon oopmaak.

Die eerste geskenk wat Cherise gesien het was natuurlik die toegegooide fiets - sy ry nou nog baie lekker - net jammer ons erf is so klein.

Jean-Marie aan die anderkant het net gehou van die oopskeur. Die pop wat ons vir haar gekoop het is amper net so groot soos sy. Party dae verwens ek die pop as die in die bed saam haar moet wees of op die bank - dit laat nou nie juis veel spasie vir enige iemand anders nie.

En Cherise het 2 tande ontdek wat los is op kersdag!

Ek het vir my swaer se 2 seuns elk 'n snakeboard gekoop - dit was 'n onvergeetlike oomblik vir die 2. Die oudste kon nie sy oë glo nie