Thursday, January 28, 2010

Graad R

My klein dogtertjie is in graad R - ek kan dit nie glo nie!!!


Sy gee my grys hare met daardie "wil van haar eie". Cherise swem nou al vir die 2de jaar by Dolfin Kids en dit gaan baie goed. In November verlede jaar het sy besluit sy wil Zani's doen - wel nou wil sy ook moderne danse doen. Die keuse is hare wat sy gaan los maar ek gaan nie dat sy elke dag van die week iets anders doen nie - die koste daaraan verbonde is ongelooflik.

'n Mens wil net die beste geleenthede vir jou kind gee maar soms moet mens ook dink dat hulle nog steeds kind is en nie te veel op hulle laai nie.

Tuesday, January 19, 2010

Jean-Marie 2














































Uitendelik is my kleintjie 2. Wat 'n fees!!

Die kinders het hulle gate uit geniet op die waterwurm - die springkasteel het nie aftrek gekry nie - veral omdat pa saam gespeel het.

Die somer is definitief 'n lekker tyd om in te verjaar!

Jean-Marie se tema was barnyard/plaas/koeie. Ek het vir elke kind 'n cowboy koeivel hoed gekry (hul het te oulik gelyk) en uit 2lt coke bottels ook 'n koei gesiggie met die lekkers binne in. Weereens het ek hopeloos te veel lekkergoed gehad, mens is mos maar altyd bang daar isnie genoeg nie dan oordoen jy dit. Vir die verjaardsdag koek het ek cupcakes laat maak met plaasdiere op - dit het regtig baie mooi gelyk. Ek gaan net in die jaar vir my 'n cupcake stand kry want elke jaar moet ek 'n plan maak met die cupcakes op die tafel.

Steven was heerlik styf sondag! LOL!!


















Monday, January 4, 2010

Leer praat

Party dae vlam die humeure maar hoog in ons huis veral as ek nie kan verstaan wat klein Jean-Marie sê nie. Die meeste van haar woorde begin met 'n "t" dit maak dit nogal baie moeilik om te verstaan, maar ek leer!

bottel = tottel
kussing = tussing
slaap = tlaap
koeldrank = juice

Tande wissel

My ou dogterjie word sommer vinnig groot - word sommer bewoë.

Op die laaste dag van 2009 het sy haar 1e tand uit - en die tande muis het vir haar R50 in haar skoen gelos. BTW dit was die eerste ding wat sy gekyk het die volgende oggend.

Die 2de tand was so los dit het skoon skuins in haar mondjie gesit - pa en net gou gevoel en siedaar daar is die 2de tand.

Kan nie dink hoe pragtig klein en wit is die tandjies nie. Dit is darem wonderlik dat kinders in die tandemuis glo!

Kersdag

Die kinders was so opgewonde kersoggend oor al die geskenke wat hul kon oopmaak.

Die eerste geskenk wat Cherise gesien het was natuurlik die toegegooide fiets - sy ry nou nog baie lekker - net jammer ons erf is so klein.

Jean-Marie aan die anderkant het net gehou van die oopskeur. Die pop wat ons vir haar gekoop het is amper net so groot soos sy. Party dae verwens ek die pop as die in die bed saam haar moet wees of op die bank - dit laat nou nie juis veel spasie vir enige iemand anders nie.

En Cherise het 2 tande ontdek wat los is op kersdag!

Ek het vir my swaer se 2 seuns elk 'n snakeboard gekoop - dit was 'n onvergeetlike oomblik vir die 2. Die oudste kon nie sy oë glo nie