Sunday, August 15, 2010

Cherise 6 jaar




Cherise se 6de verjaardag partytjie was darem 'n groot sukses. Mens spandeer so baie tyd om al die kos en goedjies te maak en op die einde hoop mens die kleintjies hou daarvan. Die tema was hekse en niks wat ek gedoen of voorgestel het wouhaar van plan verander nie.

Operasie




Die einde van maart het ek 'n skouer dekompressie en karpale tonnel "release" gehad. Dit was die seerste seer wat ek nog gehad het. Vandag is my skouer nog steeds nie reg nie, ek wonder party dae of dit die moeitewerd was om deur al daai pyn te gaan. Die kinders het my wonderlik behandel en gehelp waar hul kan. Dit was net baie frusterend om niks vir jouself te kan doen nie.

Ouma Sarie se 60ste




Ouma Sarie is vandag tuis - 1 dag na haar verjaardag en die kinders kon nie wag om die geskenk vir ouma te gee nie en ook om 'n stukkie koek te kry nie. My kinders is darem gelukkig om albie stelle oumas en oupas te he.

Inenting

Ek kan nie glo my kinders is al so groot nie. Dinsdag het ek gou die 2 gevat vir hul inentings en die hele pad dr toe het hul baklei wie gaan eerste hul inspuiting kry. Op die einde het net Cherise hare gekry want hulle het nie voorraad gehad vir Jean-Marie nie. Dit was so komies.. altwee so bang vir 'n inspuiting!!

Thursday, April 15, 2010

San Troue







Wel San is uiteindelik getroud - in Mozambique. Pragtige gemaklike troue op die strand. Soos ouder gewoonte het my kinders hul wangedra. Cherise wil net die heeltyd by Tannie San wees en Jean-Marie gooi sand die lug op wat natuurlik op die vingerhappies beland.

Operasies en kinder

Die afgelope vakansie het ek 'n skouer en pols operasie gehad wat my natuurlik hulpeloos agter gelaat het. Ek kon vir 2 weke niks vir myself doen nie - als was seer. Steven was wonderlik gedurende die moeilike tyd - hy het ons kos gegee, my versorg, die kinders versorg. Hy was pa, ma en verpleeer.

Die 2 kids was net heeltyd aanmekaar oor die geringste dingetjie. Altwee het my sover moontlik gehelp - hulle het party dae meer geduld met my as pa. Jean-Marie wou net heeltyd mamma se eina beter soen.

Tuesday, March 2, 2010

Sê goed - Cherise

Gisteroggend noem Steven dat die kinders nie saam kan gaan Mozambique toe as hulle siek is nie waarop ek natuurlik antwoord dat hy nie moet worry nie die kinders kry vitamine dat dit by hul ore uitloop.

Cherise het so klein rukkie stil gebly en geantwoord dat daar niks uit haar ore uitloop nie en is dit dan deurskynend dat sy dit nie kan sien loop nie.

Nodeloos om te sê ek moes mooi verduidelik!!