Showing posts with label kinders. Show all posts
Showing posts with label kinders. Show all posts

Friday, November 20, 2009

Skateboards




Kinders hou van nuwe speelgoed!

Dit is al waarmee die 2 van my speel as die weer dit toelaat. Ek kan nie glo die kleintjie geniet die skaatsplank soveel ni.

Daar is niks so lekker as om van bo by die garage af te ry tot by die hek.

Thursday, October 15, 2009

Pretoria Zoo




Een saterdag oggend besluit ons om die kinders Dieretuin toe te vat. Dit was 'n groot sukses. Vir 2 ure het ons 'n golfkarretjie gehuur en die ander 2 ure het ons rondgeloop by die akwarium en reptiel gedeelte oja en ook op die kabelkarretjie gery wat vir my horibaal was. Die kar gedeelte is so klein en dan waai die wind dit ook nog rond. Al was saak maak is dat die kinders dit geniet het.

Monday, June 22, 2009

Moholoholo Rehabilitation Centre

So 3 naweke gelede het ons die kinders Moholoholo toe gevat - dit was 'n ervaring duisend vir Cherise. Sy het die geleentheid gehad aan 'n baba renoster te vat en die bokkies te voer. Die geveerde diere het sy nou nie veel erg aangehad nie behalwe natuurlik die aasvoels want sy is ook in die hok in. Gelukkig het Jean-Marie haar vrees vir als nuut verloor - sy was darem nie een keer histeries nie!

Die sondag het ons gestop by Swadini Reptiel Park - ek kan nie onthou wat is die nuwe naam nie. Dit is baie verwaarloos maar nog steeds interessant. By die ingang is 2 mak volstruise wat als wil eet - en dis redelik seer as hulle mielies uit jou hand uit eet. Ons het ook die 4 mak apies peanuts gevoer en die eienaar moes 'n baie mooi papegaai die heeltyd van ons probeer weghou want hy wou saam eet.

Maduma Boma sal ons definitief weer sien(ek kan nie glo ek het nie eers een foto geneem van ons bly plek nie) maar die keer in die somer sodat die kinders in die swembad kan baljaar. Dit was heerlik rustig in die veld mens het nie eers geweet daar is ander mense op die plaas nie.