Showing posts with label verjaardag. Show all posts
Showing posts with label verjaardag. Show all posts

Tuesday, January 19, 2010

Jean-Marie 2














































Uitendelik is my kleintjie 2. Wat 'n fees!!

Die kinders het hulle gate uit geniet op die waterwurm - die springkasteel het nie aftrek gekry nie - veral omdat pa saam gespeel het.

Die somer is definitief 'n lekker tyd om in te verjaar!

Jean-Marie se tema was barnyard/plaas/koeie. Ek het vir elke kind 'n cowboy koeivel hoed gekry (hul het te oulik gelyk) en uit 2lt coke bottels ook 'n koei gesiggie met die lekkers binne in. Weereens het ek hopeloos te veel lekkergoed gehad, mens is mos maar altyd bang daar isnie genoeg nie dan oordoen jy dit. Vir die verjaardsdag koek het ek cupcakes laat maak met plaasdiere op - dit het regtig baie mooi gelyk. Ek gaan net in die jaar vir my 'n cupcake stand kry want elke jaar moet ek 'n plan maak met die cupcakes op die tafel.

Steven was heerlik styf sondag! LOL!!


















Monday, June 22, 2009

Die groot 5







Die groot dag is uiteindelik verby. Dankie tog!!!






Die tema was "My little Pony", ek en my vriendin het die koek beplan en gemaak en al die eetgoedjies wat daarmee saam gaan. Ons het ook vir haar 'n springkasteel vir die naweek gehuur by Jump - en het die kinders dit nou geniet. Cherise het omtrent die sondag omgespring of vertikaal verkeer op die springkasteel. Jean-Marie, ja wel as ousus haar net kan verdra en saam met haar speel sal my lewe soveel makliker wees.