Sunday, October 31, 2010

Meisiekinders

Dit is ongelooflik hoeveel my twee baklei. Op die stadium dryf hulle my teen die mure uit. Die een mag nie eers vir die ander kyk nie of dit ontaard in 'n bakleiery.

Dit is net soveel erger as Pa nie hier is nie.....

Gelukkig vergeet hulle gou van hul onderonsies en is hul weer beste maatjies.

Saturday, October 30, 2010

Sterkloop Adventure Farm



Sjoe wat 'n dag....




Toys R Us het in ons ou dorpie oop gemaak en Cherise het 'n boekie gekry. Gisteraand moes ek vir 3 ure luister en kyk wat sy wil koop en hê. (Ek dink dis amper als in dai boekie en dalk in die winkel).




Vanoggend het ek hulle Toys R Us toe gevat - elk met R100 - en ja... Ons is daar uit met baie meer as wat ek voor begroot het, seker maar my skuld ook. Als is net so mooi en goedkoop... seker maar klein dorpie sindroom. LOL




Hier oor middagete is ons toe Sterkloop Adventure Farm toe. Sjoe wat 'n ripoff. Jy betaal R30 per kind en dan as jy iets anders wil doen as klim en klouter kos dit jou R10 vir 5min. Maar die kinders het dit geniet ek dink net dit is te veel keuses vir hulle, hulle kon nie eintlik besluit waarop om te klim en wat om te ry nie.




Nou weet ek definitief my twee kinders het nie hoogtevrees nie, of my hart dit gaan hou is 'n ander storie.




Sunday, August 15, 2010

Cherise 6 jaar




Cherise se 6de verjaardag partytjie was darem 'n groot sukses. Mens spandeer so baie tyd om al die kos en goedjies te maak en op die einde hoop mens die kleintjies hou daarvan. Die tema was hekse en niks wat ek gedoen of voorgestel het wouhaar van plan verander nie.

Operasie




Die einde van maart het ek 'n skouer dekompressie en karpale tonnel "release" gehad. Dit was die seerste seer wat ek nog gehad het. Vandag is my skouer nog steeds nie reg nie, ek wonder party dae of dit die moeitewerd was om deur al daai pyn te gaan. Die kinders het my wonderlik behandel en gehelp waar hul kan. Dit was net baie frusterend om niks vir jouself te kan doen nie.

Ouma Sarie se 60ste




Ouma Sarie is vandag tuis - 1 dag na haar verjaardag en die kinders kon nie wag om die geskenk vir ouma te gee nie en ook om 'n stukkie koek te kry nie. My kinders is darem gelukkig om albie stelle oumas en oupas te he.

Inenting

Ek kan nie glo my kinders is al so groot nie. Dinsdag het ek gou die 2 gevat vir hul inentings en die hele pad dr toe het hul baklei wie gaan eerste hul inspuiting kry. Op die einde het net Cherise hare gekry want hulle het nie voorraad gehad vir Jean-Marie nie. Dit was so komies.. altwee so bang vir 'n inspuiting!!

Thursday, April 15, 2010

San Troue







Wel San is uiteindelik getroud - in Mozambique. Pragtige gemaklike troue op die strand. Soos ouder gewoonte het my kinders hul wangedra. Cherise wil net die heeltyd by Tannie San wees en Jean-Marie gooi sand die lug op wat natuurlik op die vingerhappies beland.