Tuesday, August 25, 2009

Chantel getroud



Wel Chantel is uiteindelik getroud met Kemp. En my dogterjie het te pragtig gelyk as die klein bruid. Sy kon natuurlik nie vir Chantel uitlos nie - die heeltyd blommetjies en sweeties aangedra net om naby haar te wees. LOL!




Monday, August 10, 2009

Vrouedag




Vrouedag is definitief 'n baie ongelukkige dag vir ons ou gesinnetjie. Steven het sy hand baie lelik verbrand - 2de graadse brandwonde aan sy hand en 1e graad op sy arm.




Dit kon baie erger gewees het as die kinders naby hom was waar hy besig was op die boot. Dit is die tweede keer dat die noodlot Cherise genadig is. Cherise het voor op die boot gesit en ek en Jean-Marie langs die boot - dankie tog ek het Jean-Marie vas gehou en nie op die boot getel nie.
Dit is vir my baie erg om my man so in pyn te sien en hom te moet help met als. Dit is ook definitief baie moeilik vir hom om te aanvaar ek moet hom rondry en als vir hom sny voor hy kan eet. LOL! Die kinders verstaan nie aldag so lekker dat pappa baie seer het en hulle nie kan optel nie. Hopelik genees die wonde baie vinnig.

Wednesday, August 5, 2009

Hoede Dag Osie Teddies




Dit is darem lekker om klein te wees en al die "fun" dae te beleef op skool.

Tuesday, August 4, 2009

Groot Word

Dit voel soos gister dat ons Cherise huis toe gebring het van die hospitaal. Ek kan nie dink dat sy volgende jaar al graad R toe gaan. Die tye saam mens se kinders as hul klein is is eintlik so kosbaar en dit is verby in 'n oogwink.

Ek eis net om te dink hoe sy as tiener gaan wees want op die oomblik is sy 'n regte terror wat glo als draai om haar.