Monday, January 4, 2010

Tande wissel

My ou dogterjie word sommer vinnig groot - word sommer bewoƫ.

Op die laaste dag van 2009 het sy haar 1e tand uit - en die tande muis het vir haar R50 in haar skoen gelos. BTW dit was die eerste ding wat sy gekyk het die volgende oggend.

Die 2de tand was so los dit het skoon skuins in haar mondjie gesit - pa en net gou gevoel en siedaar daar is die 2de tand.

Kan nie dink hoe pragtig klein en wit is die tandjies nie. Dit is darem wonderlik dat kinders in die tandemuis glo!

No comments: