Saturday, October 30, 2010

Sterkloop Adventure Farm



Sjoe wat 'n dag....




Toys R Us het in ons ou dorpie oop gemaak en Cherise het 'n boekie gekry. Gisteraand moes ek vir 3 ure luister en kyk wat sy wil koop en hĂȘ. (Ek dink dis amper als in dai boekie en dalk in die winkel).




Vanoggend het ek hulle Toys R Us toe gevat - elk met R100 - en ja... Ons is daar uit met baie meer as wat ek voor begroot het, seker maar my skuld ook. Als is net so mooi en goedkoop... seker maar klein dorpie sindroom. LOL




Hier oor middagete is ons toe Sterkloop Adventure Farm toe. Sjoe wat 'n ripoff. Jy betaal R30 per kind en dan as jy iets anders wil doen as klim en klouter kos dit jou R10 vir 5min. Maar die kinders het dit geniet ek dink net dit is te veel keuses vir hulle, hulle kon nie eintlik besluit waarop om te klim en wat om te ry nie.




Nou weet ek definitief my twee kinders het nie hoogtevrees nie, of my hart dit gaan hou is 'n ander storie.




No comments: