Friday, November 20, 2009

Sabie Park




Wat 'n heerlike naweek weg was dit nie gewees nie. Ons het skemer tyd by die huis aangekom - gelukkig het Steven die goed uitgelaai en ek en die kinders het in die huis gebly want hyena se kind het besoek kom aflĂȘ en probeer help uitlaai. Ongelukkig het ons hotdog rolletjies in die slag gebly. Om 'n hyena van so naby te sien is nogal vreesaanjaend!

Die diere op die private wild plaas is ongelooflik mak so mens kan tot baie naby aan hulle ry. Jean-Marie was natuurlik so opgewonde om die diere te sien aangesien dit haar eerste uitstappie na 'n reservaat is. Cherise aan die anderkant wou net swem.

Die kinders het dit vreeslik geniet! Dit is een plek wat ek definitief weer sal sien.

No comments: